Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 29 DESEMBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

SARL NUUS OP SONDAG OP 80 METER

AMSAT GG DAG 1 JANUARIE 2020 IS OP HANDE!

en

HERDENKINGS ARISS STADIG AFTAS TV UITSENDINGS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

Hierdie is die laaste SARL-nuus bulletin vir 2019 as ook vir hierdie dekade!

SARL NUUS OP SONDAG OP 80 METER

Die SARL Nuus-span het 'n versoek ontvang dat die SARL Nuus bulletins om 08:15 en 08:30 SAT op Sondag oggend ook op 80 meter uit gesaai moet word omdat die 40 meter-uitsending geteister word deur voortplantings probleme. Miskien kan 'n transmissie op 60 meter ook gedoen word.

Om 'n herleiding op 60 of 80 meter te doen, benodig ons vrywilligers om die werk te doen! As jy bereid is om die Nuusspan by te staan, kontak Dennis, ZS4BS by zs4bs@netactive.co.za

AMSAT GG DAG 1 JANUARIE 2020 IS OP HANDE!

Jy word hartlik uitgenooi om deel te neem aan die AMSAT GG Aktiwiteits dag 2020, geborg deur AMSAT vir alle radioamateurs regoor die wêreld. Die 2020-byeenkoms word gehou ter nagedagtenis aan Larry Brown, W7LB en Keith Pugh, W5IU. Onder hul vele bydraes tot AMSAT was hulle die AMSAT-20-meter net vir baie jare.

Deelname is maklik. Gebruik net GG via enige amateur radio-satelliet op 1 Januarie 2020. Die gebruik van reguit sleutels of bugs word aangemoedig, maar nie nodig nie. As jy AO-7 gebruik, moet jy die QRP-reëls wat tans geld vir daardie 45-jarige satelliet in ag neem. Mag dit nog baie jare by ons wees!

EERSTE QO-100 QSOS VANAF NAMIBIË

Werner Muller, V51JP berig dat die eerste QSO via die Es-hail QO-100-satelliet tussen Namibië en die wêreld op Sondagaand 22 Desember 2019 gemaak is. Derek Moore, V51DM en Charly Eichhorn, DK3ZL, is al 'n geruime tyd in kontak om al die tegniese probleme van Derek se stasie onder beheer te kry. Om 23:00 Sondagaand begin Derek roep en Charly antwoord. Martin Wieland, DL1ZU het by hulle aangesluit en 'n kort tydjie later het Gary Immelman, ZS6YI ook by die QSO aangesluit. Dit het nie lank geduur voordat almal op die voël op die frekwensie ingeskakel is en Derek begin roep het nie. Hy sal in 2020 'n besige tyd op die satelliet hê en ek weet dat hy elke oomblik sal geniet. Baie geluk aan Derek en dankie aan elkeen wat gehelp het om dit te laat gebeur.

Charly, DK3ZL sal Namibië en suidelike Afrika van middel Januarie tot Maart 2020 besoek en hy sal 'n mobiele QO-100-stasie tydens sy besoek bedryf. Hy sal die spesiale geleentheids roepsein V55QO vir hierdie besoek gebruik en hy sal die QSL-bestuurder wees vir alle Namibiese stasies wat QO-100 werk. Raadpleeg die V55QO qrz.com bladsy vir kontak en QSL-besonderhede.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

HERDENKINGS ARISS STADIG AFTAS TV UITSENDINGS

Amateur radio op die Internasionale Ruimtestasie (ARISS) sal wêreldwye uitsendings oor die stadige skandering televisie (SSTV) ondersteun ter nagedagtenis aan die ruimtevaarders Alexei Leonov, Valery Bykovsky en Sigmund Jaehn. Die uitsendings is geskeduleer om om 11:00 UTC op 28 Desember te begin en duur tot 18:20 UTC op 1 Januarie 2020 en sal plaasvind op 145 800 MHz in die PD 120-formaat met die roepsein RS0ISS. Die Poolse ARISS-span het 'n toekenning opgestel vir deelnemers aan die SSTV-eksperiment

HET JY DIE JANUARIE 2020 RADIO ZS AFGELAAI?

Die 80 bladsy Januarie 2020-uitgawe van Radio ZS is op Dinsdag 24 Desember na die Liga se webwerf op gelaai. Dit is beskikbaar vir lede en nie-lede. Klik op die skakel op die voorblad van die webwerf.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar twee klein sonvlekkies sigbaar. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van tien vir die week gebruik. Radio amateurs kan bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

31 Desember – die einde van die 2019 CQ DX Marathon en die YOTA maand
1 Januarie – Nuwejaarsdag, die AMSAT GG Dag, die begin van die 2020 CQ DX Marathon en die Suider-Afrikaanse Parke-op-die-Lug program en laai die 2020 Blouboek af
4 Januarie - die ARRL Kinderdag
4 en 5 Januarie - die ARRL RTD Byeenkoms
15 Januarie - die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop en die sluitingsdatum vir die indiening van die samevatting van referate vir die SARL 95 simposium
17 tot 19 Januarie - Die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie
25 Januarie – die Somer QRP kompetisie
31 Januarie – die sluitingsdatum vir AJV mosies, SARL Toekennings- en Raad nominasies.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die SARL Nuus-span het 'n versoek ontvang dat die SARL Nuusbulletins om 08:15 en 08:30 SAT op Sondagoggend ook op 80 meter uitgesaai moet word omdat die 40 meter-uitsending geteister word deur voortplantings probleme. Miskien kan 'n transmissie op 60 meter ook gedoen word.

Om 'n herleiding op 60 of 80 meter te doen, benodig ons vrywilligers om die werk te doen! As jy bereid is om die Nuusspan by te staan, kontak Dennis, ZS4BS by zs4bs@netactive.co.za

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold ZS6VD en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou ‘n geseënde 2020.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003